OVERBERG AGRI BEPERK

(Registrasie nommer: 1998/001018/06)

("OVERBERG")

 
 

HANDLEIDING VOORBEREI IN OOREENSTEMMING MET ARTIKEL 51 VAN DIE WET OP BEVORDERING VAN TOEGANG TOT INLIGTING 2 VAN 2000

 
 
INDEKSBladsy
    
  1.Inleiding 3
 2.Kontakbesonderhede 4
 3.Gids in terme van artikel 10 van die Wet 5
 4.Kennisgewing(s) in terme van artikel 52(2) van die Wet 6
 5.

Inligting / dokumente beskikbaar in ooreenstemming met ander wetgewing

7
 6.

Dokumente / inligting gehou deur Overberg in terme van die Wet

8
 7.Ander inligting 9
 8.Beskikbaarheid van die handleiding 10
 9.Lys van filiale van Overberg 11
 10.Aansoekvorm 12
 11.Voorgeskrewe fooie 19
   
1. INLEIDING  

 

Die handleiding dien ten einde potensiële aansoeker(s) by te staan met betrekking tot die prosedure wat gevolg behoort te word, wanneer toegang tot inligting / dokumente vanaf Overberg versoek word, soos beoog in terme van die Wet.

Die handleiding mag van tyd tot tyd gewysig word en sodra enige wysigings gefinaliseer is, sal die jongste weergawe van die handleiding bekend gemaak word.

Enige aansoeker word aanbeveel om Annmarie Steyn te kontak, sou hy / sy enige bystand verlang in verband met die gebruik van hierdie handleiding en / of met die versoek van dokumente / inligting vanaf Overberg.

Die volgende woorde sal die volgende betekenisse in hierdie handleiding hê:-

 
 

"die / hierdie handleiding"

hierdie handleiding tesame met al die aanhangsels daartoe soos beskikbaar by die geregistreerde kantoor van Overberg van tyd tot tyd;

 
 "Overberg" Overberg Agri Beperk , registrasienommer: 1998/001018/06, en verskeie van sy filiale soos uiteengesit in paragraaf 9, op bladsy 11 van hierdie handleiding;  
 "SAMRK" die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie;  
 "die Wet" die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting 2 van 2000, tesame met alle relevante regulasies daarkragtens gepubliseer.  
 
    

2.

KONTAK BESONDERHEDE (Artikel 51(1)(a) van die Wet)  
    
 Naam van liggaam: Overberg Agri Beperk  
 Besturende Direkteur: Rian Pheiffer  
 Die aangestelde Inligtingsbeampte: Annmarie Steyn  
 Adres:

Donkinstraat 7
CALEDON
7230

 
 Posadres:

Posbus 50
CALEDON
7230

 
 Telefoon: 27 28 214 3800  
 Faks: 27 28 212 1109  
 E-pos: annmaries@overbergagri.co.za 
 Webwerf: http://www.overbergagri.co.za/ 
 
    
3. GIDS IN TERME VAN ARTIKEL 10 VAN DIE WET (Artikel 51(1)(b) van die Wet)  
    
 

Die Menseregtekommissie het 'n gids in terme van artikel 10 van die Wet saamgestel. Dit bevat inligting wat benodig word deur persone wat enige reg in terme van die Wet wil uitoefen. Dit is beskikbaar in al die amptelike tale.

Die gids is beskikbaar vir insae, onder andere, by die kantore van die SAMRK te Princess of Wales Terrace 29, h/v York en St. Andrewsstrate, Parktown en ook op hul webwerf www.sahrc.org.za .

 

 
 

Kontak besonderhede van die SAMRK:

 
 PAIA Eenheid   
 Die Departement Navorsing en Dokumentasie   
 Privaatsak 2700   
 HOUGHTON   
 2041   
    
 Telefoon: 27 11 484 8300  
 Faks: 27 11 484 0582  
 Webwerf: http://www.sahrc.org.za/ 
 E-pos: PAIA@sahrc.org.za 
    
   

4.

KENNISGEWING(S) IN TERME VAN ARTIKEL 52(2) VAN DIE WET (Artikel 51(1)(c) van die Wet)  
    
 Op hierdie stadium is geen kennisgewing(s) gepubliseer nie.  
    
   

5.

INLIGTING / DOKUMENTE BESKIKBAAR KRAGTENS ANDER WETGEWING (Artikel 51(1)(d) van die Wet)  
   
 

Overberg hou inligting / dokumente kragtens die volgende wetgewing (let asseblief daarop dat dit nie `n uitputtende lys is nie) :-

 
    
 

•  Maatskappywet 61 van 1973
•  Inkomstebelastingwet 58 van 1962 (Artikel 75)
•  Wet op Belasting op Toegevoegde Waarde 89 van 1991 (Artikel 65)
•  Doeane en Aksynswet 91 van 1964 (Artikel 101)
•  Unemployment Insurance Act 63 of 2001 (nie in Afrikaans beskikbaar nie)
•  Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997 (Artikel 31)
•  Employment Equity Act 55 of 1998 (Artikel 26) (nie in Afrikaans beskikbaar nie)
•  Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -Siektes 130 of 1993 (Artikel 97)
•  Insolvensiewet 24 van 1936 (Artikels 134 en 155)
•  Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid 85 van 1993
•  Skills Development Act 97 of 1998 (nie in Afrikaans beskikbaar nie)

 
    
   
6. DOKUMENTE / INLIGTING GEHOU DEUR OVERBERG IN TERME VAN DIE WET (Artikel 51(1)(e) van die Wet)  
    
 Webwerf   
 

Die Overberg Webwerf ( www.overbergagri.co.za ), toeganklik vir enigiemand met toegang tot die internet, het die volgende kategorieë:

 
    
 

•  Hoofblad
•  Rekeningnavrae
•  Weervoorspelling
•  Ander webblaaie

 
    
 

Ander

  
 

Die dokumente / inligting hieronder gelys het betrekking tot die dag-tot-dag bestuur van die besigheid van Overberg:-

 
    
 

•  Standaard Dienskontrakte
•  Indiensnemingsgelykheidplan & -verslag
•  Overberg Personeelverslag
•  Personeel Handboek
•  Menslike Hulpbronne Beleid en Prosedure
•  Lys van handelsmerke en hangende aansoeke
•  Versekeringspolisse
•  Reëls en regulasies met betrekking tot Pensioen-, Aftree- en Voorsorgfondse
•  Vigsbeleid
•  Ander kommersiële kontrakte

 
    
 

Dit word genotuleer dat enige en alle dokumente / inligting versoek, verbandhoudend met die voorgenoemde, slegs beskikbaar gemaak sal word onderworpe aan die bepalings van die Wet.

 
    
    
7. ANDER INLIGTING (Artikel 51(1)(f) van die Wet)  
    
 

Die Minister van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling het tot op datum nog geen regulasies in terme van hierdie artikel gepubliseer nie.

 
    
    

8.

BESKIKBAARHEID VAN DIE HANDLEIDING (Artikel 51(3) van die Wet)  
    
8.1

Hierdie handleiding is gratis beskikbaar vir inspeksie by die geregistreerde kantoor van Overberg.

 
8.2

Afskrifte van die handleiding mag by die geregistreerde kantoor van Overberg verkry word onderworpe aan die voorgeskrewe fooie.

 
8.3Die handleiding is ook beskikbaar op die webwerwe van die SAMRK ( http://www.sahrc.org.za/) en Overberg ( http://www.overbergagri.co.za) en mag in die Staatskoerant gepubliseer word . Daar moet egter daarop gelet word dat die handleiding wat op die SAMRK se webwerf beskikbaar is, nie die aansoekvorm of die fooistruktuur (op bladsy 12 en verder van hierdie handleiding uiteengesit) insluit nie. Die aansoekvorm en fooistruktuur kan op die SAMRK se webwerf ( http://www.sahrc.org.za/) of op die webwerf van die Departement van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling ( http://www.doj.gov.za/) (onder "regulations") verkry word.  
    
    
9. LYS VAN FILIALE VAN OVERBERG  
 Naam registrasienommer  
 

Overberg Agri Bedrywe (Edms) Bpk

Overberg Agri Beleggings (Edms) Bpk

Overberg Pack (Edms) Bpk

CAM Motors (Edms) Bpk

Bontebok Motorgroep (Edms) Bpk

Kaapland Landboudienste (Edms) Bpk

Bredasdorp Slagpale (Edms) Bpk

Procuro (Edms) Bpk

1997/021082/07

1974/002552/07

1998/020309/07

1974/002553/07

1985/005818/07

1981/007948/07

1966/011382/07

2002/014004/07

 
    
Let Wel: Hierdie lys sluit alle dormante maatskappye onder die beheer van Overberg uit.  
    
    

10.

AANSOEKVORM (Artikel 53(1) van die Wet)  
   

AANSOEK OM TOEGANG TOT REKORD VAN PRIVATE LIGGAAM

 
    

(Artikel 53(1) van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000
(Wet Nr. 2 van 2000))

 
 

[Regulasie 10]

 
    
 

A.

BESONDERHEDE VAN OPENBARE LIGGAAM 
 

Die Hoof:

 
 ___________________________________________________________________  
 ___________________________________________________________________  
 ___________________________________________________________________  
   
 

B.

BESONDERHEDE VAN PERSOON WAT TOEGANG TOT DIE REKORD VERLANG  
   

a) Die besonderhede van die persoon wat toegang tot die rekord verlang moet onder aangeteken word.
b)Verstrek 'n adres en/of faksnommer in die Republiek waarheen die inligting gestuur moet word.
c) Bewys van die hoedanigheid waarin die aansoek gemaak word, moet aangeheg word indien van toepassing.
 
   
 Volle name en van: ________________________________________________ 
 ___________________________________________________________________ 
 

Identiteitsnommer: ________________________________________________

 
 

Posadres: _________________________________________________________

 
 

___________________________________________________________________

 
 

Faksnommer: __________________________________

 
 

Telefoonnommer: ______________________________

 
 

E-pos adres: ___________________________________

 
 Hoedanigheid waarin die aansoek gemaak word, indien namens 'n ander persoon gemaak: 
 

___________________________________________________________________

 
   
 

C.

BESONDERHEDE VAN PERSOON NAMENS WIE DIE AANSOEK GEMAAK WORD  
   
  Hierdie gedeelte moet slegs ingevul word indien 'n inligtingsnavraag namens 'n ander persoon gemaak word.  
 

 

 
 Volle name en van: ________________________________________________  
 

___________________________________________________________________

 
 

Identiteitsnommer: ________________________________________________

 
   
 

D.

BESONDERHEDE VAN REKORD 
   

 

(a) Verstrek volledige besonderhede van die rekord waartoe toegang verlang word, insluitende die verwysingsnommer indien u dit ken, sodat die rekord gevind kan word.

(b) Indien daar te min plek is, gaan asseblief op 'n aparte folio voort en heg dit aan hierdie vorm. Die aansoeker moet alle addisionele folio's onderteken.
 
   
 

1.

Beskrywing van rekord of relevante deel van die rekord:- 
 ___________________________________________________________________ 
 ___________________________________________________________________ 
 ___________________________________________________________________ 
 2. Verwysingsnommer, indien beskikbaar: _________________________ 
 

3.

Enige verdere besonderhede van rekord: ________________________ 
 

___________________________________________________________________

 
   
 

E. 

FOOIE  
   

(a)  'n Aansoek om toegang tot 'n rekord anders as 'n rekord wat persoonlike inligting oor uself bevat, sal slegs verwerk word nadat 'n aansoekfooi betaal is.

(b)   U sal in kennis gestel word van die bedrag wat as aansoekfooi betaalbaar is.

(c) Die fooi wat betaalbaar is vir toegang tot 'n rekord hang van die vorm af waarin toegang verlang word en die redelike tyd wat nodig is om 'n rekord te soek en voor te berei.

(d) Indien u vir vrystelling van die fooi kwalifiseer, dui asseblief die redes hiervoor aan.

 
   
 

Rede vir vrystelling van fooi:

________________________________________

 
 ___________________________________________________________________  
 ___________________________________________________________________  
 ___________________________________________________________________  
   
 

F. 

VORM VAN TOEGANG TOT REKORD  
   
 
 
Indien u deur 'n liggaamsgebrek daarvan weerhou word om die rekord in die toegangsvorm soos in 1 tot 4 hieronder aangedui te lees, daarna te kyk of daarna te luister, dui asseblief u liggaamsgebrek aan, asook die vorm waarin die rekord verlang word.
 
Liggaamsgebrek:_______________________ Vorm waarin rekord verlang word:
____________________________________________________________________________
   
 
   
 
 
Merk die toepaslike kassie met 'n "X".
Notas:

(a)


(b)

(c)

U aanduiding van die verlangde toegangsvorm hang van die vorm af waarin die rekord beskikbaar is.

Toegang in die verlangde vorm kan onder sekere omstandighede geweier word. In so 'n geval sal u ingelig word indien toegang op 'n ander manier toegelaat word.

Die fooi wat vir toegang tot die rekord betaalbaar is, indien enige, sal gedeeltelik bepaal word deur die vorm waarin toegang verlang word.
1. Indien die rekord in handgeskrewe of gedrukte vorm is:
  Afskrif van rekord  Inspeksie van rekord 
2.Indien die rekord uit visuele beelde bestaan:
(dit sluit foto's, skyfies, video-opnames, rekenaar-gegenereerde beelde, sketse, ens. in)
 Kyk na die beeldeAfskrif van die beelde* Transkripsie van die beelde*  
3.Indien die rekord uit 'n klankopname bestaan of uit inligting wat deur middel van klank oorgedra kan word:
 Luister na die opname (oudiokasset)

Transkripsie van opname*
(handgeskrewe of gedrukte dokument)

 
4.Indien 'n rekord op 'n rekenaar of in 'n elektroniese of masjien-leesbare formaat gehou word:
 Gedrukte afskrif van rekord* Gedrukte afskrif van inligting wat uit die rekord verkry word* Afskrif in rekenaar-leesbare vorm*
(star- of kompakte skyf)
 
 

* Indien u 'n afskrif of transkripsie van 'n rekord (bo) aangevra het, wil u hê dat die afskrif of transkripsie aan u gepos word?

'n Posfooi is betaalbaar

JA NEE  
       
 

 

G.

BESONDERHEDE VAN REG WAT UITGEOEFEN OF BESKERM MOET WORD

 
  

Indien die spasie wat verskaf is nie genoegsaam is nie, gaan asseblief op `n aparte folio voort en heg dit by hierdie vorm aan. Die aansoeker moet alle addisionele folio's teken.  
   

 

1.Dui aan watter reg uitgeoefen of beskerm moet word :
   ________________________________________________________ 
   ________________________________________________________ 
   ________________________________________________________  
 

 

2.Verduidelik waarom die rekord verlang word vir die uitoefening of beskerming van die bogenoemde reg:-
   ________________________________________________________  
   ________________________________________________________ 
   ________________________________________________________ 
 

H.KENNISGEWING VAN BESLUIT TEN OPSIGTE VAN AANSOEK OM TOEGANG  
 
U sal skriftelik in kennis gestel word of u aansoek goedgekeur/geweier is. Indien u op enige ander manier hieroor in kennis gestel wil word, dui asseblief die manier aan en voorsien die nodige besonderhede sodat daar aan u versoek voldoen kan word.  
 

 

Hoe sou u verkies om oor die besluit rakende u aansoek om toegang tot die rekord in kennis  
 gestel te word?_______________________________________ 
 

 

Geteken te _____________________ hierdie ______ dag van ____________________ 20__.  
 
 

___________________________________________________
HANDTEKENING VAN AANSOEKER / PERSOON NAMENS WIE DIE AANSOEK INGEDIEN WORD.

 
 
  11.

VOORGESKREWE FOOIE

 
 

11.1 Die fooi vir 'n afskrif van die handleiding soos uiteengesit in regulasie 9(2)(c) is R1,10 vir elke fotokopie van 'n A4-grootte bladsy of gedeelte daarvan.  
 

 

11.2Die fooie vir reproduksie waarna verwys word in regulasie 11(1) is soos volg:  
    

R

 

 

 

 

(a)  Vir elke fotokopie van 'n A4-grootte bladsy of gedeelte daarvan

(b)  Vir elke gedrukte afskrif van 'n A4-grootte bladsy of gedeelte daarvan wat in 'n rekenaar of in elektroniese of masjien-leesbare formaat gestoor word

 

1,10


0,75

 

 

 

 

 (c) Vir 'n afskrif in 'n rekenaar-leesbare formaat op -   
 

(i) starskyf
(ii) laserskyf

 7,50
70,00

 

 

(d)(i) Vir 'n transkripsie van visuele beelde, vir 'n A4-
grootte bladsy of gedeelte daarvan
 40,00


 (ii) Vir 'n afskrif van visuele beelde  60,00 
 (e)(i) Vir 'n transkripsie van 'n oudio-rekord, vir 'n A4-
grootte bladsy of gedeelte daarvan
 20,00
 (ii) Vir 'n afskrif van 'n oudio-rekord  30,00  
   
 11.3

Die aanvraagfooi wat deur elke aansoeker buiten 'n persoonlike aansoeker betaalbaar is en waarna verwys word in regulasie 11(2), is R50,00.

 
   


11.4

Die toegangsfooie wat deur 'n aansoeker betaalbaar is en waarna verwys word in regulasie 11(3) is soos volg:

 
    R  

 

(1)(a)

Vir elke fotokopie van 'n A4-grootte bladsy of gedeelte daarvan

 1,10  

 

(b)

Vir elke gedrukte afskrif van 'n A4-grootte bladsy of gedeelte
daarvan wat in 'n rekenaar of in elektroniese of masjien- leesbare formaat gestoor word

 0,75  

 

(c)Vir 'n afskrif in 'n rekenaar-leesbare formaat op -   

 

(i) starskyf
(ii) laserskyf

 7,50
70,00

 

 (d)

(i) Vir 'n transkripsie van visuele beelde, vir 'n A4- grootte bladsy of gedeelte daarvan
(ii) Vir 'n afskrif van visuele beelde

 40,00

60,00
 
 (e)

(i) Vir 'n transkripsie van 'n oudio-rekord, vir 'n A4- grootte bladsy of gedeelte daarvan
(ii) Vir 'n afskrif van 'n oudio-rekord

 20,00

30,00
 

 

(f)Om te soek na, en die rekords voor te berei vir openbaarmaking, R30,00 vir elke uur of gedeelte van 'n uur, uitsluitende die eerste uur, wat redelikerwys nodig is vir sodanige soektog en voorbereiding.  
   
  (2)Vir die doel van artikel 54(2) van die Wet, is die volgende van toepassing:
 
 

(a) Ses (6) ure sal die ure wees wat oorskry moet word voordat 'n deposito betaalbaar is; en
(b)  Een derde ( 1/3 ) van die toegangsfooi is as 'n deposito deur die aansoeker betaalbaar.

 
   
 (3) Die korrekte posgeld is betaalbaar wanneer 'n afskrif van 'n rekord aan 'n aansoeker gepos moet word.